Wat is ‘n Trust?

n Trust is 'n ooreenkoms tussen 'n eienaar van bates en trustees. Daarvolgens onderneem die trustees dat hulle die trust se bates met die nodige sorg sal bestuur tot voordeel van die begunstigdes. Dit is 'n doeltreffende en buigsame manier om toe te sien dat bates bewaar bly. Dit verseker ook dat bates in die beste belang van begunstigdes deur aangestelde trustees objektief bestuur en beheer word.

Die konsep van 'n trust het reeds gedurende die middeleeue ontstaan. Die edelman het sy bates, en onderdane, aan 'n vertroueling oorgelaat vir solank hy op jagtogte of met oorloë weg was. Die vertroueling (of trustee) het dan volle beheer oor die bates uitgeoefen totdat die edelman terugkeer. Dié stelsel geld, in beginsel, vandag nog.

Die beskerming van jou geliefdes se finansiële belange is van die allergrootste belang in die beplanning van jou boedel. Jy wil seker maak dat jou gesin, en veral minderjarige kinders, versorg sal wees. Jy wil ook toesien dat boedel- en inkomstebelastingverpligtinge so laag as moontlik gehou word, sodat jou erfgename die volle voordele van jou boedel kan geniet.

Dit is uiters belangrik dat die regte trustees aangestel word. Jy moet vertrou dat die trustees altyd in belang van die begunstigdes sal optree en die trust sal bestuur, ooreenkomstig die wetgewing en bepalings van 'n trustakte.

'n Trust se administrasie moet deursigtig gedoen word ten einde tevredenheid van al die belanghebbendes te verseker.

 

Menu
Louwrens Koen Attorneys

Louwrens Koen Attorneys, Conveyancers and Notaries have a modern outlook on life and have modern solutions for today's problems and needs without compromising on traditional values. Louwrens Koen was admitted as an Attorney in 1995. He is also an admitted Conveyancer, Notary Public and University Guest Lecturer.